Druk op DA is doeltreffend – doen nou dit - Rapport

27 October 2019 - 'n Sterk DA wat sinvolle beleid verkondig is nodig om die ANC te oorwin of die ANC te dwing om te hervorm. Nie een van die twee partye is op 'n goeie plek nie en ons sal voortgaan om druk op albei uit te oefen om sinvolle beleid te aanvaar wat die toekoms van ons land as 'n vrye en voorspoedige samelewing sal verseker.