Meeste vroue vermoor deur man, kêrel – Beeld, 13 September 2014

Intieme vroueslag is nou die grootste oorsaak van moord op vroue in Suid-Afrika.

Deur Mienke Steytler, Hoof van Media en Openbare Sake by die IVR

Reeva Steenkamp se dood aan die hand van Oscar Pistorius – met wie sy intiem bevriend was – is nie vreemd nie. 

Die meeste vroue wat in Suid-Afrika vermoor word, word doodgemaak deur iemand wat na aan hulle is: 'n lewensmaat, 'n vriend of 'n minnaar. Dit word intieme vroueslag genoem. 

Daar was 'n algehele afname in moord op vroue in Suid-Afrika oor die afgelope ses tot 15 jaar. 

Die Mediese Navorsingsraad (MNR) het in 'n studie bevind dat intieme vroueslag as persentasie van moord tot 50.3% in 1990 toegeneem het tot 57.1% in 2009. 

Dit maak intieme vroueslag nou die grootste oorsaak van moord op vroue in Suid-Afrika. 

Suid-Afrika se intieme vroueslagsyfer in 2009 is meer as dubbel dié in die VSA. 

Daar is dit twee per 100 000 vroue. 

Volgens die MNR en die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) is omvattende, wetenskaplike, geslaggegronde voorkoming broodnodig om hierdie tendens om te swaai. 

Die polisie moet dit ook hoër prioriteit gee – in sowel voorkoming as opvolging.